| |
|
Om enige van die Persverklarings te lees, kliek net op die titel |  |
TYDSKRIF ARTIKEL Get It - JoburgWest Augustus 2011
Hierdie artikel het in die Augustus uitgawe van Get It - JoburgWest verskyn.
*Kliek op foto om 'n groter weergawe to sien
Jasmyn se e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
TYDSKRIF ARTIKEL Vision Junie 2011
Hierdie artikel het in die Junie uitgawe van Vision verskyn.

Jasmyn se e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
TYDSKRIF ARTIKEL Keur April 2011
Hierdie artikel het in die April uitgawe van Keur verskyn.

Jasmyn se e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
OPTREDE BY EUROVISION 2011
EUROVISION fan klubs is 25 jaar oud en hou 'n partyjie om die geleentheid te vier. Elke OGAE klub kon 'n kunstenaar kies om daar op te tree en OGAE RES VAN DIE WERELD het JASMYN gekies.
Die geleentheid is op 6 Mei 2011 in Dusseldorf en begin 22h00. Jasmyn open die verrigtinge as gekose kunstenaar van res van die wereld en sal so teen 22h10 begin optree. Sy sal twee liedjies sing - detail sal later volg maar omdat ons in Duitsland is, gaan sy heel moontlik die Afrikaanse opname sing van een van Duitsland se Eurovision liedjies. Die ander een sal 'n UP TEMPO nommer wees en dit sal heel moontlik iets van Brittanje wees.
Die geleentheid word in die EURO KLUB gehou - daar behoort 2000 tot 4000 mense te wees (baie ekslusief omdat slegs geakkrediteerde mense toegang het en dan sal 'n beperkte aantal kaartjies aan gewone mense en fans van EUROVISION beskikbaar gestel word).
Die volledige program is nog nie beskikbaar nie maar al die ander kunstenaars sal mense wees wat hulle lande by die 2011 EUROVISION sangfees verteenwoordig.
Tydens die 2010 byeenkoms in Oslo, Noorwee het maklik 20 van die 39 kunstenaars opgetree en is die konsert ook verfilm en na verskeie Europese lande gebeeldsend. Dit word heel moontlik weer gedoen in Dusseldorf.
Jasmyn se e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
KOERANT ARTIKEL Northsider Februarie 2011
Hierdie artikel het in die Roodepoort Northsider in Februarie verskyn.

Jasmyn se e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
PERSVERKLARING: Vrystelling van Jasmy'n se debuutalbum Jy Wens jy kon sê Februarie 2011
’n Mens word maklik weggevoer na ’n wêreld van rus en vrede, met die strelende, suiwer klanke van Jasmyn (21, Johannesburg - Suid Afrika) se debuutalbum, “Jy wens jy kon sê”, wat op die rakke sal wees Februarie 2011.
Ook beskikbaar deur SELECT MUSIC DISTRIBUTORS
Telefoon: (011) 792 0145
Fax: (011) 792 0282
Bestellings: orders@select.co.za
Algemene Navrae: info@selectmdist.co.za
Hierdie sensasionele 13-snit produksie sorg vir verskeidenheid, met sewe Afrikaanse en ses Engelse liedere, waarvan ’n volle nege oorspronklike werke is.
Die Afrika-koor, Impulse, asook ’n koor van die Universiteit van Johannesburg (UJ), Voices Plus, wat deel in twee van die liedere, gee aan die liedere ’n dieper dimensie en 'n ryk nuanse van Suid Afrikaanse Kultuur. ’n Tintelende ervaring is onvermydelik met die aanhoor van die snaarorkes, kore, asook die mansgroep wat die fantasie afrond.
Hierdie produksie spreek, of sal ons sê, sing van kwaliteit en afronding. Die totale voorkoms, ontwerp en klank vorm ’n geheelbeeld van talent en ’n verfrissende musiekstyl wat immergroen treffers gaan oplewer.
’n Mens ervaar die kreatiwiteit, talent en toewyding, wat in dié produksie ingegaan het. Die hoogs talentvolle Johan Heystek (wat ook die Musiek Direkteur van 'Liefling, die Movie' was) en MMX Studios het saamgespan in ’n poging om hierdie produksie wêreldklas te maak.
Met goeie rede, aangesien Jasmyn nie net die stem het nie, maar ook die beeldskone voorkoms het wat haar die titel, Face vs.Voice 2010 besorg het. EUROVISION OGAE bied jaarliks die kompetisie aan. En hierdie gesogte titel is aan haar toegeken nadat 30 beoordelaars uit 26 lande wêreldwyd vir dié nuweling gestem het. Jasmyn het reeds in Europa ’n golf van opwinding veroorsaak.
Sy is deur EUROVISION OGAE genooi, as ’n SA-verteenwoordiger tydens EUROVISION 2011. Haar lied, “Dit is vir jou”, is ’n uitvoerproduk wat nou ook in Italiaans aangevra is. Wat ’n voorreg! Dit is immers EUROVISION wat ’n platform geskep het vir ikone soos ABBA en Céline Dion.
Hierdie romantiese samestelling van lig klassiek, rock, pop, kelties en kontemporêr, is sielesalf vir een en elkeen wat hou van luisterkwaliteit.
Jasmyn sal julle neem op ’n reis van verkwikking en is ’n moet vir die musiekfynproewer.
Vir meer oor dié talentvolle sangeres, besoek haar webblad: www.jasmyn.za.net
of kuier saam op
Haar e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
PERSVERKLARING: Jasmy'n se debuutalbum Jy Wens jy kon sê
’n Mens word maklik weggevoer
na ’n wêreld van rus en vrede, met die strelende, suiwer klanke
van Jasmyn se debuutalbum, “Jy wens jy kon sê”.
Hierdie sensasionele 13-snit produksie sorg vir verskeidenheid, met sewe Afrikaanse en ses Engelse liedere, waarvan ’n volle nege oorspronklike werke is.
Die Afrika-koor, asook ’n koor van die Universiteit van Johannesburg (UJ), Voices Plus, wat deel in twee van die liedere, gee aan die liedere ’n dieper dimensie. ’n Tintelende ervaring is onvermydelik met die aanhoor van die snaarorkes, kore, asook die mansgroep wat die fantasie afrond.
Hierdie produksie spreek, of sal ons sê, sing van kwaliteit en afronding.
Die kunstige omslag, is een van die bestes van hierdie jaar. Die totale voorkoms, ontwerp en klank vorm ’n geheelbeeld van talent en ’n verfrissende musiekstyl wat immergroen treffers gaan oplewer.
’n Mens ervaar die toewyding, wat in dié MMX Produksie ingegaan het.
Die hoogs talentvolle Johan Heystek en Johan van der Colff het saamgespan
in ’n poging om hierdie produksie wêreldklas te maak.
Met goeie rede, aangesien Jasmyn nie net die stem het nie, maar ook die beeldskone voorkoms het wat haar vanjaar die titel, Face vs.Voice 2010 besorg het.
EUROVISION OGAE bied jaarliks die kompetisie aan. En hierdie gesogte titel is aan haar toegeken nadat 30 beoordelaars uit 26 lande wêreldwyd vir dié nuweling gestem het.
Jasmyn het reeds in Europa ’n golf van opwinding veroorsaak.
Sy is deur EUROVISION OGAE genooi, as ’n SA-verteenwoordiger tydens EUROVISION 2011. Haar lied, “Dit is vir jou”, is ’n uitvoerproduk wat nou ook in Italiaans aangevra is.
Wat ’n voorreg! Dit is immers EUROVISION wat ’n platform geskep het vir ikone soos ABBA en Céline Dion.
Hierdie romantiese samestelling van lig klassiek, rock pop, Kelties en kontemporêr, is sielesalf vir een en elkeen wat hou van luisterkwaliteit.
Jasmyn sal julle neem op ’n reis van verkwikking en is ’n moet vir die musiekfynproewer.
Vir meer oor dié talentvolle sangeres, besoek haar webblad: www.jasmyn.za.net
of kuier saam op Facebook: “Singende Jasmyn”.
Haar e-posadres: info@jasmyn.za.net
|
PERSVERKLARING: Debuut Album Vrystelling November
Met ‘n naam wat die lente aankondig, ‘n stem van ‘n engel en ‘n hart van goud, kan dit nie anders nie. Hierdie “blom” sorg vir ‘n groot omwenteling in die musiekbedryf. Met haar eie smaak van musiek, soos ligte klassiek, blyspele, rustig en romanties, kan julle net raai watter lieflike klanke gaan vloei uit haar debuut album hierdie jaar.
Haar CD is in wording by MMX studio, onder die bekwame, talentvolle, Johan Heystek se sorg. Geen moeite, tyd of onkostes word ontsien nie. Jasmyn wil vir die publiek net die beste gee en niks minder nie. Ons is so opgewonde oor hierdie jong dame, wat die wêreld wil wys daar is plek vir kwaliteit ligte musiek in die bedryf! Haar CD saamstelling het natuurlik ook ligte nommers op en liedjies uit haar eie pen. Kyk uit vir haar musiek CD in 2010. Dit beloof om “sielesalf” vir baie te wees.
Op 20 voel sy reg om haar talent met almal te deel. Nog net 'n japsnoet, was dit die diere op die plaas en haar geliefde perd, Dominique, wat deel gevorm het, van haar waarderende gehoor. Jasmyn is ‘n kind van die natuur wat se gemaklike, kaal voete vas staan op moeder aarde. Sy het groot waardering vir mense, wat op ‘n daaglikse basis, haar lewe inkleur. Met haar rustige, diep en ook sprankelende sang, kleur Jasmyn weer die lewe vir so baie ander in. Sy het ook die voorreg gehad om voor duisende Geloftedagbesoekers op te tree by die Voortrekkermonument saam met die geliefde Manuel Escorsio. Dan was daar die lieflike optrede saam met nog ‘n baie bekende ikoon in die Afrikaanse musiekbedryf, Sonja Heroldt.
In haar musiek ervaar mens die liefdesverhouding wat sy het met Jesus. Graag wil Jasmyn haar kosbaarhede deel met een en elkeen wat wil luister. Vir die wat wil kyk, gaan na www.youtube.com en tik by die “search” blokkie bo, “Afrikaner Gelofte Jasmyn”. Dit het baie mense al ‘n traantjie laat rol…. Hierdie was haar eerste groot afrikaanse projek wat sy aangepak het. Met “Afrikaner gelofte” wil Jasmyn graag almal motiveer en inspireer om die groter prentjie te sien van die Geloftedagfeesvieringe. Vir so lank was die fokus op al die haat, seer en op mense, eerder as op die wonderwerkende God van Bloedrivier.
Met oë wat blink oor die toekoms, ‘n span bekwame mense, ‘n goeie netwerk van vriende en familie, het Jasmyn die regte resep om ‘n groot sukses te maak van haar sangloopbaan. Jasmyn se hart klop warm vir mense. Indien julle wil hê dat sy by julle kom optree, kontak Juanita van der Walt, epos: juanitavdw@gmail.com en sel: 082 965 9061. Kom kuier saam op haar webblad en stuur asseblief hierdie ‘link‘ aan na almal wat julle ken. Veral aan die wat ook smag na kwaliteit musiek: www.jasmyn.za.net
|
PERSVERKLARING: Special Moments Toer Desember
Met ‘n naam wat die lente aankondig, ‘n stem van ‘n engel en ‘n hart van goud, en hope talent, stel dit voor hoe 'n persoonlike bywonig by een van haar opvoerings sou wees?
Ons voel seker julle het al van die nuwe Suid-Afrikaanse sang-sensasie met die stem van 'n engel gehoor. Indien nie, nooi ons jou uit om haar webtuiste te besoek, en te sien en hoor waarom kenners uit Suid Afrika en Europa dol is oor Jasmyn. Sy het groot opgewondenheid veroorsaak met haar musiek by die onlangse EUROVISION 2010 in Oslo. Resensies jom van ooral in, en een ekspert skryf "Ons het totaal verlief geraak op haar gesig,haar stem en haar talent".
Jasmyn beplan om 'n "Special Moments" toer in die Kaap vir Desember hierdie jaar. Haar CD sal vrygestel word eerskomende November. Sy wil graag haar kosbare liedere en danksegging deel met elke een wat glo Kersfees is 'n tyd vir familie, vriende en seëninge.
Haar prestasie sal enige stylvolle, elegant en romantiese geleentheid wat jy beplan komplimenteer. Jasmyn verkies kontemporêre liedere, klassieke musiek, romantiese jazz en 'n paar goeie ou Kersfees liedjies wat jonk en oud sal kan geniet. Sy het haar eie top van die reeks, klankstelsel en klankman.
Jasmyn is beskikbaar om optetree vanaf Donderdag, 23 Desember tot Vrydag 31 Desember, as jy sou belangstel om haar te bespreek vir jou geleentheid, kerk of teater. Haar fooie is baie bekostigbaar, as gevolg van haar besluit om terug te gee aan die publiek, in diè tyd van Kersfees.
Kontak Juanita van der Walt by juanitavdw@gmail.com and sel: 082 965 9061.
Besoek ook graag haar webtuiste by www.jasmyn.za.net and haar Facebook bladsy “Singende Jasmyn”.
Wees verseker van 'n onoortreflike funksie hierdie Kersfees!
| |
PERSVERKLARING: Face Vs Voice Julie 2010
Who’s that mystery girl?! This is the reaction we received when Jasmyn was announced the
Face vs. Voice 2010 Ladies winner. With a face, so natural in splendour and a voice like
an angel, no wonder this beautiful, 20 year old newcomer took this prestigious title.
Jasmyn competed against iconic South African Female singers, such as Carike Keuzenkamp, Amor Vittone and,
Elizma Theron. OGAE EUROVISION initiates this annual competition.
20 South African Female Singers were nominated, 30 Judges from 26 countries around the
world took part, and Jasmyn was voted the winner!
Jasmyn was stunned when she received the news. “I am humbled by winning this
competition. What an honour! What a blessing!”
Jasmyn is a singing student in Gauteng, South Africa. At The Performance Academy in Pretoria,
She receives light classical training. Her tutor, Jolanda Becker, studied classical training in Italy
and London.
Jasmyn grew up in a typical country environment and has turned into a sophisticated young lady.
She loves animals, spending time with special friend and family, and appreciates good quality red wine.
Visit her website; see and listen for yourself why people rave, internationally about Jasmyn.
She created great excitement with her music at the EUROVISION 2010
in OSLO this year. Reviews are coming in from all over and as one journalist wrote:
“We fell in love with her looks, her voice and her talent.”
Her debut CD will be launched this coming October. She aims to share her precious songs with
everyone that loves stylish, elegant and romantic music, and you will be able to share them too, with your loved ones, during
the Festive Season. Jasmyn favours classical and romantic styles in the performing arts.
Her Producer, Johan Heystek, is a
well known, respected musician and producer in South Africa.
The CD is being recorded at MMX studios in Johannesburg, one of the best in in South Africa.
The title of the CD “Jy wens jy kon sê” (You wish you could say) has the theme of speaking from the soul. the CD's focus is to encourage people to be healed and to be the best person they could be. The genre varies from light classical to pop – rock.
There will be 13 songs on the CD. 7 will be in Afrikaans, and 6 in English. Two of the Afrikaans
songs are translations of Eurovision songs. “By jou wil ek bly” is a translation of “I don’t wanna
leave”, a 2009 Eurovision song from Poland, and the other one is “Dis vir jou” (It’s for you),
a 2010 Eurovision song from Ireland..
Jasmyn is planning a “Special Moments” tour in the Cape area for December this year.
Contact Juanita van der Walt, email: juanitavdw@gmail.com and contact by mobile phone at: 082 965 9061.
We invite you to visit her Facebook page via the Link below.
|
|
|
|